LIG.punt logo

DNA

HOEKOM 'LIG.PUNT'?

Die naam LIG.punt is ‘n uitvloeisel van die ryk, veelsydige manier wat die woord ‘lig’ in die Bybel gebruik word, en dien as nuttige beskrywing van wat ons as gemeente is en wil wees.

Die storie van die Bybel kan opgesom word as die verhaal van hoe God Sy lig in die wêreld laat skyn. Genesis begin met God se effektiewe aankondiging: “laat daar lig wees” (Gen 1:3). In die proses bring die Skepper orde waar daar net chaos was, en lig waar daar net duisternis was. Die mens kies egter die duisternis bo die lig (Gen 3:1-6; Jn 3:19) met die gevolg dat hy ‘n burger van die koninkryk van die duisternis geword het (Kol 1:13). Ten spyte van die mens se voortdurende rebellie, is God vasbeslote om Sy droom van 'n Koninkryk van lig te verwesenlik.

So laat Hy dus Sy lig op die nageslag van Abraham skyn (Ps. 18:28, 118:27), met die doel dat hulle lig vir die res van die wêreld se mense sou wees (Jes 42:6, 58:8). Op die bestemde tyd het Hy Sy Seun – Jesus Christus, die lig van die wêreld – in die duisternis ingestuur (Jn 1:9; 8:12). Deur die verkondiging van die evangelie – die storie van Jesus – is God nou besig om Sy lig in mense se harte te skyn (2 Kor 4:6). Soos dit gebeur, word hulle opnuut ‘kinders van die lig’ (Ef 5:5, 1 Tess 5:5), om soos Jesus, lig vir die wêreld te wees (Mat 5:14; Ef 5:8).

Die beste is egter nog oppad! Die storie van die Bybel eindig met die boek Openbaring, wat vorentoe kyk na 'n wonderlike dag wanneer al God se kinders in Sy teenswoordigheid sal wees, in 'n wêreld waar die son en die maan nie meer nodig sal wees nie, want die heerlikheid van God sal alles verlig (Op 21:23; 22:5).

LIG.punt se doel is om gemeenskap te wees wat opgevang is in hierdie asemrowende avontuur-verhaal wat God aan die skryf is. Ons wil graag 'n “ligpunt” in donker wêreld wees: tot voordeel van daardie wêreld en bo alles, sodat die God van Lig as verblindend goed gesien sal word. Dit gebeur soos wat die storie van die Bybel getrou verkondig en uitgeleef word, aangesien dit die Woord van God is wat lewensgewende lig vir mense is (Ps. 43:3; Ps. 119:105, 130; Spr 6:23). Jesus, die sentrale karakter van hierdie Bybel storie, is beide die spilpunt waarom ons as kerk draai en die hoop wat ons aan ander bied: Hy alleen is die ware lig vir die wêreld (Jes 49:6; Mt 4:6; Lk 2:32, 9:5, 2 Kor 4:4). Soos wat ons as kerk mekaar en die wêreld met Sy liefde bedien, sal ons 'n lig vir die nasies wees (Jes 58:10; Mt 5:14; Hand 14:37, Ef 5:8, 1 Tess 5:5).

ArrowIcon BloggerIcon AimIcon DeliciousIcon PaperIcon EtsyIcon FacebookIcon FilmStripIcon FlickrIcon CameraIcon LaunchIcon GooglePlus2Icon GooglePlusIcon HeartIcon InformationIcon InstagramIcon LastfmIcon FrontCameraIcon LinkedInIcon EmailIcon MoneyIcon ItunesIcon MyspaceIcon OpenTableIcon PayPalIcon PencilIcon PersonIcon PhotoIcon PicasaIcon PinterestIcon PodcastIcon RssIcon ShoppingCartIcon SoundCloudIcon StarIcon TableProjectIcon TheCityIcon TumblrIcon Twitter2Icon TwitterIcon TypepadIcon VideoIcon VimeoIcon WordPressIcon YelpIcon YoutubeIcon