top of page

Ons roeping is om God te verheerlik deur dissipels te wees wat dissipels maak, en 'n kerk te wees wat kerke plant.

 Volg die skakel direk na ons YouTube-kanaal.

Sondagoggend.png
SONDAG-OGGEND

HUIDIGE PREEKREEKS

Genesis 37–50 • Maart-Junie 2022

Die doel van hierdie preekreeks is om ons stories in die lig van God se groter storie te sien en uit te leef.

WIE ONS IS

As Christene word ons identiteit gevorm, nie deur ons kultuur of begeertes nie, maar deur God en wat Hy sê waar is van ons. 

BEDIENINGE

Bedieninge waar jy betrokke kan raak in ons gemeente.

SONDAGOGGEND

Ons kom Sondaeoggende om 09:00 by Willows Country Lodge bymekaar. Ons kuier en drink koffie van 08:30 af, so kom gerus vroeër en gesels saam.

JONGMENSE

Hierdie bediening is spesifiek vir jongmense, twentysomethings, studente of jongwerkendes.

KINDERS

By Ligpunt is ons oortuig dat Jesus lief is vir kinders, en dat kinders, net soos volwassenes, ook die

Evangelie nodig het.

STUDENTE

As studente wil ons ‘n gemeenskap wees wat in liefde God saam leer ken en God bekend maak in Pretoria.

BERADING

Pastorale bediening (berading) wil sien dat mense gevestig bly in hulle verhouding met God, deur als wat die lewe meebring.

LIGPUNT-GESINNE

Ligpunt-gesinne is ons kleingroepe en die hartklop van Ligpunt. Vir ons is Kerk nie iets wat ons bywoon nie, maar eerder ñ gemeenskap waarvan ons deel is.

DIAKONAAL

Jesus het gekom om ons in 'n dinamiese, nuwe verhouding met God te vestig. Diakonale bedieninge dien hierdie verhouding met God.

DIENSSPANNE

As dissipels is ons dienaars van God, mekaar en die wêreld om ons. Een van die beste plekke om uiting hieraan te gee is in ons diensspanne.

Gesinne

WORD DEEL

Die hartklop van ons gemeente is ons Ligpunt-gesinne. Indien jy oorweeg om in te skakel by Ligpunt se gemeenskap en meer wil uitvind oor Ligpunt, wil ons jou uitnooi om betrokke te raak by Vertrekpunt.

Vertrekpunt is ’n tydelike gesinsgroep vir nuwe mense om die lewe in Ligpunt te sien en te ervaar. Ons hoop is om jou by ons te laat welkom voel en meer duidelikheid oor ons kerk te bied. Vertrekpunt vind een keer 'n week oor 'n tydperk van 7 weke plaas.

Stuur 'n epos aan info@ligpunt.com indien jy by Vertrekpunt wil aansluit.

KONTAK ONS

Ons wil graag van julle hoor!
Vir enige navrae, stuur 'n epos aan info@ligpunt.com

bottom of page